Strategos

Borsbeeld van 'n ongeïdentifiseerde strategos met Korinthiese helm; Hadriaanse Romeinse kopie van 'n Griekse beeldhouwerk van omstreeks 400 v.C.

Strategos, meervoud strategoi, (Atties-Ioonse Grieks: στρατηγός, meerv. στρατηγοί; Doriese Grieks: στραταγός, stratagos; wat letterlik "weermagleier" beteken) is 'n Griekse woord wat "generaal" beteken. In die Hellenistiese en Bisantynse ryke is die term ook aangewend om na 'n militêre goewerneur te verwys. In die moderne Helleense weermag, is dit die hoogste offisiersrang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search